![]() Need English? Click here Press Kit click here
Nou dat jy hier op geëindig het, na jy die res van die internet uitgeput het, wil jy seker meer weet. Die Bos Parade is mooi musiek (in verskeie gedaantes sedert 2016). Mooi musiek wat ‘n gehoorsaam met mekaar kan deel en geniet. Volkswysies, TV temas, Treffers uit die hede en verlede en nog soveel meer. Soms kry ouer liedjies ‘n nuwe voorskoot en soms word hulle geslag. Mens moet tog onthou dat jy nie slag sonder lag kan spel nie. Die klank kombinasies kan bes beskryf word as ‘n kakelbont poespas lappieskombers wat nou as ‘n drop sheet gebruik word. Sybrandt Boerewors en Wilma Koeksister (natuurlik hulle regte name) is die kunstenaars wat medepligtig is om vir die saak te ywer. Sybrandt skryf en Wilma sing. Dis so eenvoudig soos dit. Ander eensgesinde fantastiese kunstenaars word ook betrek om deel te wees van hierdie handeling soos daar 'n behoefte is. Wilma hou van braai en ‘n goeie Chardonnay (niks afgewaterde “lite” doos wyn). Sybrandt hou dan weer van ‘n goeie rooi wyn (niks oorskiet “blends nie”, net middelste rak en effens op). Sybrandt braai ook maar die stink van rook na die daad bly ‘n uitdaging. Dit daar gelaat. Finished en klaar. PS. As iemand se wyn smaak of keuse van waspoeier verander, sal ons almal op hoogte hou. Die beste bly maar om net te luister en nie te veel vrae te vrae nie. |
Lirieke
As jy nie seker is dat jy reg gehoor het nie. Bestudeer liefs in geval jy in die stort uit volle bors gaan saam sing. Betekenis & Analise Wat beteken dit? Spekulasie en vermoedelike onderstelling... |