Die Byeboerwa
1891, Perlgrimrus, toe byeboer uit die bed opstaan
Hy't vas besluit hy trek hier uit, want hy wil na die stiltes gaan
En hy pak sy wa, Sy ossewa byeboerwa
Sy tent en sy donkie saam en hy kom op die grootpad aan.
Rondom Graskop, daar loop sy spoor tussen Sabie en Malieveld
By die Krokodilpoortberg trek hy oor en hy kom tot op Barberton
Die wiele rol. Sy ossewa byeboerwa
Sy kakebeen byeboerwa kan die swaar vrag net net dra.
Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
1893, span hy uit en maak 'n hartbeeshuisie staan
Lebomboberge kon hom nie stuit
By die Limpopo geil sy graan
En daar staan sy wa sy ossewa byeboerwa
En sy hart is bly en vry met die stiltes aan sy sy
Die byeboer, byeboer, byeboerwa
'n Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
1930, hy's afgeleef en byeboer vol stokalleen
Hy mis die jolyt van Pelgrimsrus en vryf so oor sy kakebeen
Maar in 2030 Pelgrimsrus is die dorp se gees geblus
Dis 'n spookdorp wat in stilte wurg
Al wat oorbly is Johannesburg
En daar trek sy wa sy ossewa byeboerwa
Sy tent, en sy donkies saam en hy kom op die grootpad aan
Die byeboer, byeboer, byeboerwa...
Woorde/Musiek – Anton Goosen, Verwerking – S. Boerewors
Sang: W. Koekemoer
Dromme: F. Kookwater
Bykomende Instrumente: S. Boerewors